Stellenbosch: Ter Respons aan Breyten Breytenbach se gesanik !


– nee, Breyten, jy praat nie namens ‘n oorgrote bruin meerderheid in die Weskaap nie –

 

Daar is vandag konsternasie in die gange en doolhowe van Afrikaans verdediging groeperinge na die owerheids bestuur van Stellenbosch se November 13,2015 lewensgroot aankondiging rondom ‘n besluit om Engels die offisiele taal vir kommunikasie, administrasie en onderrig te maak met ingang 2016.   Die besluit moet nog deur die Raad bekragtig word maar die gewedywer duur voort. Vandag in  Beeld gee ook Breyten Breytenbach sy opinie, en ek poog om hom te beantwoord met die skrywe.

 

Hierdie belangrike besluit wat wesenlik ‘n nuwe era aankondig, waarin die belaaide moedertaal aanname verskuif word na ‘n nosie van ‘n primere taal (Engels)  is by uitstek ‘n belangrike oomblik in ons vorentoe beweeg van nasie bou.

 

Hierdie besluit word vandag deur verskillende kenners asook bekendes uitgekruit as onomwonde ‘n spreekwoordelike “swart–dag” of soos Breytenbach dit noem, “hierdie vrydag die dertiende sal onthou word as die dag waarop die onverantwoordelikheid, gemaksugtigheid, domheid en ruggraatloosheid van die universiteitsowerhede vir n oomblik in die geskiedenis duidelik was vir almal om te sien, insluitende die wat nou hul ‘oorwinning’ vier. Dis ‘n skande wat onthou sal word”

 

Ek wil dan juis Breytenbach beantwoord. Breytenbach, maak ‘n interressante stelling “Die besluit is geneem deur n aantal opportuniste wat geen sin of begrip het van wat ‘n taal beteken en dra en verteenwoordig en ontsluit en waar dit vandaan kom nie”.

 

Hierdie emosionele retoriek geklee in vir volk-en-vaderland ideologie word vandag ruiterlik deur een van ons mees bekende digters Breytenbach gespuug. Breyten, waarom sou jy kwansuis dink, die besluit as komende van oningeligte, waarom is die besluit nie juis as gevolg van diepe nabetraging, van ‘n geskiedenis wat die massas noodwendig gekniehalter het ter bevoordeling van ‘n groepie? Waarom dit as opportunisties afmaak?

 

Breyten hang sy oortuiging aan ‘n geleende oud modiese en  lomp kapstok van ‘n bruin meerderheid aanwesig in die Weskaap. Dit is die tipe lui analise en wederegtelike misbruiking wanneer dit pas van ‘n bruin oorgrote meerderheid wat juis die pad so ondraaglik gemaak het, selfs die dood van een van  ons eie Visie- Kansellier  Russel Bothma veroorsaak  het. Hierdie holrug-geryde gerieflike misbruik van bruinmense is ‘n blatante skande en ‘n vlek op ons menswees soos deur ‘n ‘wit’ bevooregtigheid bepaal.

 

As Stellenbosch  vandag in 2015 by die besluit kom is dit besonders laat want die misbruik van ‘n gepaste ‘oorgrote bruin meerderheid’ was die sagte haakpunt vir hulle wie ‘wit’ groeps-bevordering en belange van Afrikaners wou voorhou ten koste van ‘n globaliseerde werklikheid wat geleenthede skep vir meer om deel te neem aan die reg en geleentheid van opvoeding.

 

Breyten ek wil dit vir jou en jou soort onomwonde stel, jy praat nie namens die oorgrote bruin meerderheid nie en jy sal ook nie langer met die lui leuen weg kom nie. Tweedens jy kan beswaarlik vandag wil voorgee dat die Universitiet van Stellenbosch in sy ontstaan en oorgrote jare van bestaan ooit werklik in bewus of inagneming van die oorgrote bruin meerderheid gefunksioneer het.

 

Wanneer was bruinmense vir Stellenbosch belangrik, gee tog ‘n tyd n plek ‘n datum, want sover ek weet was Stellenbosch nogaltyd ‘n Afrikaanse universiteit vir ‘wit’ mense in sy oorsprong en bestaan. Die instituut wie geboorte aan apartheid gegee het, het nog nooit bestaan om bruinmense te bemagtig nie. Om juis dan dit te  wil voorgee is sinies en ‘n versinning indien nie  ‘n rugbare misdrywing van ‘n ruimlik bekende geskiedenis.

 

Wat my dronk slaan is dat ek met jou moet deel in die konteks van ‘n verarmde intellek, ‘n intellek wat juis die proses moes verwelkom het as ons jou bydrae in die taal en bevrydingstryd enige krediet wil toereken. Dit is miskien skokkend dat juis jy vandag die aspek van transformasie as ‘n noodsaaklikheid wil afmaak as gemaksugtigheid, domheid en ruggraatloosheid. Dis asof jy ‘n oorlog voer teen dit wat eg en reg is vir die tyd waarin Suid Afrika haar bevind. Vanwaar die neid, hoekom die beswaarde dwarsboming van dit wat belangrik is?

 

Die verdediging van Afrikaans as vertolkte bedreigde taal is gebasseerd op die tipiese ou swart gevaar retoriek, wat geen behoudbare wetenskaplike navorsing bestaansreg het nie.

 

Afrikaans as taal is lewend, wordend en word in 2015 op verskillende vlakke bedryf deur n aansienlike groot groep van Suid Afrikaners wat nie velkleur as grens in ag neem nie.

 

Afrikaans as ‘n uiters bevoordeelde taal wat geen gelyke op ‘n akademiese vlak in die konteks van Suid Afrika het bevestig die feit dat hulle wie vandag sanik oor die taal nie eerlik is nie.

 

Afrikaans as taal is nerens onder bedreiging en kan nie aanhou om uniek bevoordeel te word ten koste van anders volksmonde nie. Afrikaans my taal, waarin ek skryf en dig het geen meer belangrike bestaansreg as enige ander van die Suid Afrikaanse tale nie en dit moet weerklank vind in al ons institusies van beide laer en hoer onderwys.

 

Om vandag steen-en-been te kla oor hoe swak die besluit is  om te bewys jy het gaan stilstaan iewers ‘n delikate siniese werklikheid van baie sogenaamde “wit” Afrikaans spreukende akademiesie. Die besluit van die Stellenbosch owerheid moet verwelkom word as n stap in die regte rigting. Dit sou juis die werk van transformasie by die instansie aan help en n gelykheid van menswees meebring. Dit sou verder ook geleenthede skep van kontak en menseverhoudinge waarby on nasate net kan baat vind.

 

Breyten hierdie keer lees ek jou “Hand vol vere” met trane, want jy die uitgesproke, jy die wereldsbekende skrywer het onbewustelik ook gaan stilstaan op n plek in ons gemeenskaplike geskiedenis wat nie gesond is nie. Jy het miskien gemak gaan vind op n doringdraad tussen ‘n turksvy boom, net duskant ‘n honger adder. Breyten jy sal weet dat groot veranderinge in oomblikke plaasvind. Dit was n oomblik toe jy jou pen op tel en ons jou “Hand  vol vere” en vele andere gegee het.

 

Dit is juis dan ‘n oomblik van waarheid, nugterheid, leierskap n diepe nabetraging oor ons verantwoordelikheid om gelykheid ‘n stem en voete te gee. Die besluit is verteenwoordigend van die gewaarwording in ons hudige met die hoop om ons toekoms wenslik te maak.

Die enigste skande is hulle wie na 21 jaar nie wil aanvaar dat Suid Afrika nie meer onder n ongoddelike apartheid’s leierskap is nie. Lank leef Afrikaans, nie in ‘n engheid van vrees as bedreigde taal maar as ‘n taal van die volk bedryf met volle bewustheid van ons heretiese apartheids-geskiedenis.

 

Los nou jou gesanik, hou op ‘n gebluste vuur spoeg want dai vuurtjie is histories. Diep in jou hart weet jy dat Stellenbosch kan beswaarlik aanhou met apartheids-wanpraktyke van onreg verdoeseling in eis van outentieke geskiedenis of taalreg.

 

Biskop Clyde N. S. Ramalaine

‘n Afrikaans Eerste Taal bedrywer en ‘n sosiale kommentator

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s